Home Up Modelwerk Fotografie Komposisie Driepoot se gebruik Beligting Voerplek vir voels Fotos druk Gesiggie op blaar Foto sagmaak Ongemaklike fotos

 

Up

 

Komposisie en balans in fotos

Soms neem twee mense dieselfde toneel.  Die een se foto het daardie iets ekstra en lyk net reg terwyl die ander een sin alhoewel beligting en skerpte reg is net nie dieselfde impak het nie. Waarom?

As 'n mens na die ou meesters se skilderye kyk sien mens iets wat hulle geweet het. Die manier waarop 'n mens na 'n skildery kyk en waarneem,  Wat was dit? Hulle was fyn kenners van komposisie en balans in skilderstukke.

Kom ons kyk na 'n fotografiese voorbeeld. Twee fotos word geneem van 'n see toneel.

Watter een het die meeste impak?  Die eerste fotograaf is die son reg in die middel en die see horisonlyn sny reg in die middel.

Die tweede fotograaf was slimmer het gebruik gemaak van komposisie van derdes, die son is twee derdes na die kant op foto en die see horisonlyn een derde van onder.  Ook het hy met fyn waarneming op die teenoorgestelde kant van die son 'n klein bootjie raakgesien.. Balans!   Sy poging is definitief die beste een!

So kry ons komposisie van derdes ook soms van vyfdes wat oulik werk.

  

Kyk na die twee kinder potret fotos.  By die tweede een het die fotograaf kopspasie verminder en die kind se foto op 'n derde geplaas met die spasie voor hom in die rigting wat die kind kyk.  'n Mens se oog gaan altyd van die linkerkant na die regterkant.

Onthou net altyd in portrette om altyd 'n spasie in die rigting wat die persoon kyk te los.

Kyk of julle die komposisie in hierdie portret kan sien.

Komposisie van derdes maar ook 'n diaginale komposisie. Het goed gewerk,

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

En hierdie foto?  Komposisie van vyfdes met mooi balans tussen die boom en die koppie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bestudeer skilderye en suksesvolle fotos. Leer daaruit.  Met digitale fotos kan mens altyd jou foto sny (crop) soos jy dit wil hê.

Geniet dit!

Jan Prinsloo