|
|
|
|
Watter Digitale Kamera moet ek koop?
|
| Wat is u begroting? Wat kan u bekostig? | |
| Wat wil u met die kamera maak? |
Die eerste vraag is maklik almal het nie altyd eweveel geld nie!
Die tweede vraag moet mens kyk na:
| Vir vakansie fotos, reis, kinders en pragtige landskappe en algemene gebruik | |
| vir die ernstige fotograaf wat ook graag wild en voëls wil afneem | |
| Vir die semi en professionele fotograwe wat ateljee werk wil doen sport en wild asook ernstige professionele werk wil doen |
Nou wat het ons geleer deur na ons lede se inskrywings deur die jaar te kyk?
Dis nie net die kamera wat tel nie maar die fotograaf daaragter!
Baie waar maar die persoon met die duur kamera het darem 'n voorddeel bo die ander....
Kom ons kyk na lede se kameras van die eerste klas
| Fiji Finepix 2600 Z van Anika van der Walt baie goeie waarde en goeie foto kwaliteit | |
| Fujifilm 4900Z van Hansie Kruger diesefde as bo en nog 'n langer anoloog zoom |
Lyk my die Fiji kameras is baie gewild in die klas en ook 'n goeie koop. Maar ander kompakte kameras soos Sony ens is ook gewild. Kyk net dat die kamera ten minste meer as 2 megapixel kan hanteer vandag is die norm al 5 megapixels! Hierdie kameras se voordeel is hulle klein grootte en moenie hulle onderskat in die hande van 'n goeie fotograaf nie!
Nou kyk ons na die tweede groep:
| Canon Poweshot S2 IS wat ek en Frieda gebruik met 5 megapixel en 12x zoom. Baie verstellings vir die meer professionele fotograaf en sy zoom lens is skerp! Ander gebruikers: Vincent Farrell. | |
| Sony Cybershot DSC-H1 wat Theunis van der Walt gebruik. Ook 12x zoom 5 mega pixels en Theunis gebruik dit nie net vir wild afneem nie maar modelle en troues ook! Ander gebruikers: Marius Louw (soortgelyke model) Dion Kruger en nog meer. |
Lyk my die Canon en Sony kameras oorheers die groep maar die Panasonic reeks met 12x zoom is ook 'n uitstekende koop! Hierdie groep is baie goeie waarde vir geld. Kyk vir 5 megapixels en meer. asook Fijifilm. Hierdie kameras se voordeel is hulle lang analoog zooms en optiese stabaliseerders. Onthou hier het jy nie nodig om nog ekstra lense te koop nie!
Nou kyk ons na die laaste groepe. Die semi en professionele fotograwe. Waarna kyk ons in die groep? Moet eksterne flits koppeling besit vir ateljee werk sambrele ens. Moet meer as 6 mega pixels kan hanteer. Moet verstellings het vir alle moontlike opsies.
| Fiji Finepix 7000 van Frieda van der Walt. Alhoewel nie 'n enkel lens refleks kamera nie een van die beste kameras vir ateljee werk in sy klas! 7 Mega pixel met al die verstelling wat jy van kan droom! | |
| Canon reeks enkel refleks kameras. Hier het ons baie gebruikers soos Mathie Bredenkamp, Willie Prinsloo, Francious Rousseau, Markus Leibbrandt, Johan Gerber, Marlize van der Merwe, Belinda Kasser, Karen Jansen van Vuuren, Andre Jansen van Vuuren en nog ander ook. Verskillende modelle van die kamera maar uitstekende kameras! | |
| Nikon D70s van Jan Erasmus ook 'n baie goeie reeks! Asook die NIKON D50 reeks wat gebruik word deur Pieter Oosthuizen en Etienne van Rensburg ouer model van die reeks. | |
| Minolta Z3 van Philip Theunissen ook een van die goeies. |
By die enkel lens refleks kameras moet 'n mens onthou jy koop net die kamera met 'n kort lens so as jy wil voels en wild afneem moet jy 'n langer lens koop! Indien jy reeds van jou ou film kamera dieselfde soort met lang lens gehad het kan jy dit gebruik! Indien nie moet jy maar uithaal en wys! Oorspronklike lense van Canon en Nikon is baie duur maar dit lyk my dat Sigma lense goedkoper is en ook uitstekende waarde vir geld is! As jy nog geld het om te spaar wat van 'n goeie makro lens? Hierdie groep kameras se kleur saturasie en foto kwaliteit het net daardie ietsie ekstra in voorsprong bo die ander kameras! Maar of almal dit kan bekostig? Ons het jare met enkel lens refleks kameras (Pentax) gewerk. Vandag is dit digitaal maar die voordele bly dieselfde. Dis 'n kamera stelsel wat jy kan uitbrei met nog lense om aan te pas met jou eie behoeftes. 'n Digitale kamera is so goed as die lens wat jy gebruik so as jy 'n goeie maak kamera het en jy gebruik 'n baie goedkoop lens daarby weet wat jy kan verwag! Maar dit lyk vir my dat die Sigma lense baie goeie resultate gee.
![]()
Gaan kyk na die fotos wat ons lede geneem het en dan watter kameras hulle besit en oordeel self.
Waar om te koop met kersfees een van die dae hier?
Kyk eers na die kamera wat jy wil koop se toetse by:
http://www.steves-digicams.com/hardware_reviews.html
hier is ook voorbeelde van fotos wat deur die kameras geneem is!
Dan om te koop probeer:
http://www.prodigital.co.za/index.php
http://www.sacamera.co.za/
kyk hier na hulle lense vir enkel lens refleks kameras!
Kyk uit vir spesiale aanbiedinge by Game, Dions en Makro!
Baie goeie waarde by die firmas!
Groete
Jan Prinsloo
![]()