|
|
|
| Welkom by die SA Digitale Kamera Klub
Inleiding: Ek en my man was al vir jare
betrokke by Fotoklubs. Was jare betrokke in die bestuur van klubs en ook
as beoordelaars opgetree by klubs asook nasionale en internasionale fotografiese
salonne. Klubs was nog altyd 'n manier waar jy jou werk kon deel met ander
asook nuttige wenke kry. Ons het in verskeie afdelings deelgeneem en ook
vir jare ons eie kleur vergrotings gemaak. In 1985 verkry ek ook my APSSA
by die Suid Afrikaanse Fotografiese Vereniging (Photographic Society of
Southern Africa) 'n Hoogtepunt in my lewe! Lekker jare! Die laaste paar jaar het ons
afgetree en toe meer begin belangstel in digitale kameras en digitale video
kameras. Ook met die verwerking van die digitale foto’s. Digitale kameras veroorsaak dat
'n magdom van foto’s afgeneem word...soms besondere goeie werk. Maar met
wie deel jy dit? 'n Vriend of twee en familielede waarnatoe jy van die
foto’s soms e-mail. En dan vergete op 'n cd of op 'n hardeskyf van 'n rekenaar! Fotografie is 'n kunsvorm en jou
kamera jou toerusting en in elke goeie fotograaf is daar die hunkering na die
perfekte foto. Daardie een wat keer op keer jou hartsnare roer, daardie
een wat jy ook vir ander wil wys en oor gesels! Fotoklubs is nie orals
beskikbaar nie daarom het die gedagte by my man en ek oorgekom om 'n afrikaanse
digitale klub te stig waaraan enigeen dwarsoor ons pragtige land kan behoort en
hulle foto’s, kennis en liefde vir fotografie met mekaar kan deel.
Hoe om aantesluit: Kliek op Lidmaatskap aansoek
en vul data in. U sal dan later gekontak word met informasie oor betaling
en res van informasie wat benodig word. Inligting soos naam en van,
dorp of stad woonagtig asook gesig foto sal op Lede bladsy verskyn. Ander
inligting soos e-mail en telefoonnommer sal alleenlik aan ander lede verskaf
word. Onthou ouderdom is geen faktor nie! Ledegeld: Enkellid - R100 per
jaar Hierdie
geld help vir die maandelikse tarief wat ons vir ons 'hosting' firma betaal vir
die server spasie wat ons gebruik.
Elke lid kan 4 foto’s
'n maand inskryf. Foto’s mag nie groter as 1024 pixels op langste kant
wees nie en in die jpg formaat. Gee elke foto 'n naam wat ook die naam van
u inskrywing sal wees bv. Lente in die boland.jpg.
Stuur dit per e-mail aan een van die onderstaande e-mail adresse. Party maande het ons 'n spesiale
kompetisie waar elkeen 'n ekstra foto kan inskryf maar dit moet inlyn met die
maand se tema wees. Stuur inskrywings na:
Kliek hier vir e-mail Klub Reëls Beginner afdeling
Elke nuwe lid kan self besluit
of hy/sy eers in die afdeling wil deelneem om meer blootstelling en ervaring in
fotografie op te doen voor hulle met die groot kokkedore begin kompeteer!
Wanneer so 'n lid 12 keer 4 of meer punte toekenning kry word die persoon
outomaties na die gevorderde afdeling oorgeplaas. Beginners word ook soms gouer
bevorder as ons sien hul werk is goed genoeg. Natuur afdeling Lede se name sal eers op maand
album verskyn na die maandwenners aangewys is.
Kameras Foto’s selfinskryf
Frieda Prinsloo - Januarie 2007 (opgedateer Kaapstad Februarie 2012) Klub Facebook skakel kliek hier
|